Solidariteit Skoleondersteuningsentrum

Kommunikasiebeampte

Posted: Nov 12, 2025
mid

Job Description

Die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) werk daaraan om die toekoms van Christelike, Afrikaanse onderwys te verseker — deur bestaande gehalte onderrig te beskerm én nuwe, volhoubare onderwysinisiatiewe te bou. Ons is op soek na ’n dinamiese Kommunikasiebeampte om by ons span aan te sluit.Posdoelstelling:Die doel van die pos is om ondersteuning te lewer aan die SOS deur middel van mediaverklarings, verslaglewering, organisering van media veldtogte en -konferensies.PosvereistesKwalifikasies:’n Relevante kwalifikasie binne ʼn kommunikasie- of media-omgewing (NKR 7).’n Nagraadse kwalifikasie sal in jou guns tel.Ervaring en/of kennis van die volgende:Goeie begrip van die mediawêreld, die vermoë om nuus te identifiseer en sterk mediaverklarings te skryf.Ervaring in die bestuur van ’n handelsmerk se aanlyn-teenwoordigheid en sigbaarheid is noodsaaklik.Joernalistieke ervaring, kennis van podsendings,skryf van advertensies, artikels en blogs.Ondervinding in webontwikkeling en basiese videoredigering word as ’n bykomende bate beskou.Kennis van die Suid-Afrikaanse onderwyslandskap is ’n aanbeveling.Verantwoordelikhede:Kommunikasie en publikasieIdentifiseer deurlopend nuuswaardige onderwerpe en skryf toepaslike mediaverklarings of blogs.Stel gereelde digitale nuusbriewe saam.Beplan en koördineer advertensieveldtogte in gedrukte en digitale publikasies.Skryf promosie-artikels om die SOS se dienste en produkte te bevorder.Media en sosiale mediaBeplan en bestuur mediaveldtogte en -verklarings vir die bekendstelling van SOS-verslae.Ontwikkel en implementeer ’n sosiale media-strategie in lyn met SOS se bemarkingsdoelwitte.Skakel met die media en fasiliteer onderhoude met SOS-verteenwoordigers.Navorsing en verslagdoeningDoen navorsing oor tendense en kwessies in die onderwyslandskap.Monitor en rapporteer oor mediablootstelling.Skryf mediaverklarings en inhoud oor onderwysverwante gebeure.Ondersteun die span met videoredigering, fotografie, infografika en taalversorging.Bemarking en tegniese ondersteuningOntwerp bemarkingsmateriaal vir sosiale media, die webwerf en video’s.Hanteer gereelde e-poskommunikasie aan lede.Help met die outomatisering van bemarkingsboodskappe en aansluitings.Bestuur die korporatiewe identiteit van die SOS.Dien as webmeester vir die SOS-webwerf, insluitend ontwerp, inhoudskepping en onderhoud.Vaardighede:Uitstekende skryf- en kommunikasievaardigheidKreatiewe denke en sterk navorsingsvermoëRekenaarvaardigheid en kennis van Mailchimp of soortgelyke CRM-stelselsBestaande joernalistieke netwerke en mediaverhoudingeVerslagdoeningsvaardighedeNoukeurigheid en deeglike werkswyseDoen aansoek: https://posaansoeke.akademia.ac.za/doen-aansoek-2/Indien jy enige probleme met die skakel ondervind, stuur asseblief jou Afrikaanse CV (geensertifikate nie) na mhb@solidariteitbeleggings.co.za. Sluitingsdatum: 30 November 2025.

Job Application Tips

  • Tailor your resume to highlight relevant experience for this position
  • Write a compelling cover letter that addresses the specific requirements
  • Research the company culture and values before applying
  • Prepare examples of your work that demonstrate your skills
  • Follow up on your application after a reasonable time period

You May Also Be Interested In